Magic Arch

Magic Arch

Vir ouers wat die kinders wil vermaak met ‘n animasiefliek waarvoor jy min breinselle nodig het, maar wel oë wat mooi tekeninge waardeer, is daar MAGIC ARCH. Waar My Octopus Teacher ons geleer het oor seekatte, gaan hierdie fantasierolprent oor ‘n dolfyn. Hierdie skaam dolfyn se naam is Delphi, en die kalant ontdek ‘n magic arch of towerboog. Dit verander enige vis in wat hy of sy wil wees. Maar soos altyd in animasie, is daar ‘n skurk, wat die viskoninkryk wil oorneem. Selfs die seekat se tentakels sal giggel. MAGIC ARCH is reg vir die heel kleintjies.