Manhunt (Reeks)

Manhunt (Reeks)

Enigiemand wat in die geskiedenis belangstel – hier is kos vir jou. MANHUNT op Apple TV+ dramatiseer die 12 dae in Amerika toe die burgeroorlog geëindig het, en die land weer op die rand van ‘n nuwe een gestaan het. President Lincoln, die 16de Amerikaanse president, is op 14 April 1865 deur die akteur John Wilkes Booth in ‘n teater doodgeskiet. Dit het 12 dae geneem om hom vas te trek.

MANHUNT kyk na die rol wat die minister van buitelandse sake (Tobias Menzies as Edwin Stanton ) in die soektog gespeel het. Dit was Booth se doel om die verslane Konfederasie weer te laat herrys. Dit was spesifiek die afskaffing van slawerny wat hom gepla het. Die stadige, deeglike reeks verduidelik wat gebeur het. Dis vars uit die boks en vol nuwe inligting.