Midnight Mass (Reeks)

Midnight Mass (Reeks)

MIDNIGHT MASS is ‘n pikswartdonker reeks. ‘n Jong man (die sjarmante Zach Gilford as Riley Flynn) is in ‘n  motorongeluk. Hy is verantwoordelik vir die dood van ‘n meisie. Vier jaar later word hy op parool vrygelaat, en keer terug na ‘n obskure eiland waar sy familie woon, maar niemand wil hom aanvaar nie.

Die Monseigneur is onverklaarbaar weg, en ‘n nuwe priester neem die dienste op ‘n onortodokse manier waar. Riley weier om hom te aanvaar. Dan gebeur vreemde dinge op die eiland, en mense sterf. Wat is aan die gang?

MIDNIGHT MASS is eerder grieselrig as regtig vreesaanjaend. ‘n Mens gril daarvoor en kry die held, ten spyte van wat hy gedoen het, jammer. As jy lus is vir ‘n donker, onheilspellende reeks waar niks is soos dit lyk nie, mag jy MIDNIGHT MASS verteerbaar vind. Maar pas op, dis nie vir almal nie.