Minions: The Rise of Gru

Minions: The Rise of Gru

MINIONS: THE RISE OF GRU gaan oor ‘n seuntjie wat op 12 ‘n bobaas-skurk wou wees, maar misluk. Nou het hy die regte kontakte, of so dink hy…

Ek het gevoel die fliek huiwer op ‘n gevaarlike lyn deur misdaad so te verheerlik, veral in kinderprentjies. Ook om dit koel te maak. Natuurlik verander die aanslag later, maar dis steeds gevaarlik!

Die Minions se manewales is egter regtig snaaks en sjarmant lomp. Maar weer gevaarlik, soos met die vliegtuig-sekwensie. Ek is nie seker wie die jong gehoor hiervoor is nie. Ek weet net as ek ‘n kind gehad het, sou ek hulle eers bietjie ingelig het oor die boodskap  wat nie altyd positief is nie. Ook dat die kaperjolle in perspektief gesien moet word, maar dit sal ’n loketreus wees.