Mulan

Mulan

Kinders stem glad  nie met my saam oor MULAN nie. Maxine en Charl Meyer het vooraf gehoor wat my mening is, en sê vir hulle is die animasie-weergawe stukke beter. Maar, kyk hoe verskil smaak. Vir my was die lewende aksie weergawe weer meer realisties en nader aan die oorspronklike legende, want dis onvanpas dat soldate en vegters skielik begin sing! Die oorlogtonele is skouspelagtig, daarom: MULAN móét op die groot skerm gekyk word, al is dit net vir ‘n koel toneel vroeg in die fliek waar klein Mulan ‘n hoender oor dakke jaag.

Die film sê: vroue is enige dag net sulke goeie krygers en soldate as mans. Maar MULAN het respek vir die gevegskuns, die Sjinese kultuur, en veral vir familietradisies. Dit is asemrowend, kleurvol, ongelooflik om op ‘n wye doek te aanskou, en met ‘n storie wat jou sal meevoer.