Murder Maps (Reeks / Netflix)

Murder Maps (Reeks / Netflix)

‘n Mens voel neuroties en vasgevang in ‘n televisie-grendelgreep in MURDER MAPS. In hierdie reeks word bekende moorde uit Brittanje in die laat 1800’s ondersoek, soos Jack The Ripper. Daar is al meer teorieë oor die Ripper as wat daar gerugte oor die Coronavirus is, maar daar is nog! Ander moorde word wreedaardig gedramatiseer soos die wrede dokter Crippen-slagtings, om nie te praat van Londen se berugte Bermondsey-gruwel in 1849  nie, waar ‘n man en ‘n stroewe vrou gehang is na die moord op ‘n man wat hulle onder ‘n kombuisvloer begrawe het. Klink dit na iets waarmee jy jouself vir ‘n paar uur wil besig hou? Dan is MURDER MAPS die moeite werd. Weet net, jy sal smag na sonlig nadat jy deur hierdie donker reeks gesit het.