NANNY MCPHEE

Dis ‘n pragtige storie oor ‘n groep jong terroriste – dis die enigste manier om die kinders te beskryf, wat hul arme pa, Colin Firth, tot raserny dryf. Dan daag Mary Poppins uit die hel op in die vorm van Emma Thompson met ‘n uitstaantand, en sy pluk die spannetjie bymekaar.

Ek het nie gedink ek sal NANNY MCPHEE geniet nie. Maar glo my vry: dit boei jou, haar sjarme slaan jou nommer 9’s onder jou uit en die verhouding tussen haar en die kinders is pittig. NANNY MCPHEE – sterk aanbeveel vir die hele gesin.