New Heights (Reeks / Netflix)

New Heights (Reeks / Netflix)

Die Netlix-reeks NEW HEIGHTS (Oorspronklike titel: NEUMATT) is anders as die gewone deursneë Amerikaanse TV-reeks. Dis ‘n Switserse reeks wat in Engels oorgeklank is, dus mense wat onverklaarbaar sku is om onderskrifte behalwe op sepies te lees, kan ontspan.

Dit gaan oor ‘n familie op ‘n plaas in Switserland met ‘n swartskaapseun, wat sy heil in die stad gaan soek as sakeman. Hy is toevallig ook gay. Wanneer sy pa selfdood pleeg, verswyg die ma die feit. Almal kom bymekaar vir die begrafnis. Dan kom dit uit dat die plaas bankrot is en ‘n gierige maatskappy dit wil koop vir stedelike ontwikkeling.

Die bakleiery onder die familie en ander geheime wat uitkom, vorm die tema van NEW HEIGHTS. Ook dat die jongste seun die boerdery wil voortsit. Dis ‘n familiedrama met ‘n ekstra vonk en ‘n vars aanslag.