NEW YORK MINUTE

Is julle aanhangers van die OHLSEN-tweeling? Hulle is die rykste tieners ter wêreld, en het pas hul eie fliek gemaak: NEW YORK MINUTE. Dis uitsluitlik op tweenies gerig… meisies tussen 10 en 12… en ook tieners. As jy dink die Ohlsons se musiek is koeler as Steve Hofmeyr se ballades, en jy is dol oor die twee blonde Barbies, sal jy die 90 minute wat dit neem die NEW YORK MINUTE deur te draf, deursit.

Ek het daardeur geworstel en gedink: om op ‘n vriendin se gesigmasker na krakies te soek, is interessanter as NEW YORK MINUTE. Vir my ‘n absolute pyn in die postuur… dis pretensieus, die storie is dunner as die meisies se middeltjies en die simpel grappies kan mens dwars opvryf. Maar dis EK. Tieners sal nie saamstem met die 4 uit 10 nie. JULLE kan sommer al tienuur vanoggend gaan.