No Exit

No Exit

Gee NO EXIT op Disney+ ‘n kans. Dit lyk op die oog af soos ‘n gemiddelde aksiefliek wat vervelig en voorspelbaar is. Maar…

Die eerste agt minute sukkel die heldin om uit ‘n rehabilitasiesentrum te ontsnap, en beland in ‘n yslike sneeustorting. Sy word vasgekeer by ‘n besoekersentrum in die middel van nêrens saam met vier ander mense om ‘n tafel. Niks is soos dit lyk nie, en kort voor lank het jy vergeet van die taxi’s wat eentonig toet-toet-toet in jou straat, en raak jy meegevoer deur ‘n riller wat ‘n vrou in uiterste omstandighede plaas. Sal sy lewend daar uitkom?

NO EXIT sal ‘n aandjie so moeiteloos laat verbygaan as wat jy ‘n lekker sjokoladeballetjie in jou mond kan laat smelt.