Normal People (Reeks)

Normal People (Reeks)

NORMAL PEOPLE is ‘n reeks vir die winter, wat jy met ‘n koppie sjokolade beskou. Weet net daar is naaktheid en seks met ‘n 16-beperking. Twee matriekleerders raak in Ierland op mekaar verlief. Waar dit gewoonlik gaan om wie eerste wie se klere afstroop, gaan dit hier om twee verantwoordelike leerders wat besef: ‘n verhouding is vol knapsekêrels, jaloesie, misverstande en pyn, en dis wat hierdie reeks toeganklik en in goeie smaak uitbeeld.

Ons volg die paartjie wanneer hulle ouer raak en die lewe hulle nog skuinsklappe toedien en konfronteer met: ‘n verhouding is klipharde werk. Dit gaan nie net oor blomme,na die matriekdans toe gaan, en briefies vir mekaar in die klas gee nie. Dit gee ‘n waardigheid aan tienerstemme.