One Day (Minireeks)

One Day (Minireeks)

Die storie loop rond dat ‘n bewonderaar van Leo Woodall, wat die hoofrol in ONE DAY speel, vir hom gesê het: “Weet jy teen episode 5 was die eerste keer dat ek jou met jou klere aan in die reeks herken het.” Want die gelukspakkie-akteur vol ooglekkergoed, glo glad nie aan hemde nie. En wat daarmee saamgaan…

Jy moet in die bui vir ONE DAY wees en jouself daarop voorberei. Dis ‘n unieke en onvoorspelbare liefdesverhaal wat gaan oor ’n jong liefde wat nie wou sterf nie.

Die reeks beeld die dag van hulle ontmoeting, 15 Julie, elke jaar uit tot in die nuwe millennium en wys wat daardie dag met hulle gebeur. Sommige episodes is sielsopenbarend, ander is ‘n blote gepraat oor dieselfde onderwerp: sal ons die liefde as volwassenes kan hanteer?

Kyk bietjie of hierdie jong liefde sterf in ONE DAY op Netflix. Dis gebaseer op ‘n trefferboek. Ambika Mod as die meisie is skitterend.