One Of Us Is Lying (Reeks)

One Of Us Is Lying (Reeks)

ONE OF US IS LYING op Netflix gaan oor vyf jeugdiges (jy ruik sommer die testosteroon) wat vir detensie saamgehok word. Die vyfde toevoeging is die ongewildste leerder in die skool. Die onderwyseres is so hard soos graniet. Dan word ‘n moord gepleeg. Wie het dit gedoen? Een van die ander vier… want die titel beweer: een van hulle lieg, of is die skuldige ‘n monster van buite?

ONE OF US IS LYING is een van daardie strelende, lekkerkyk-reekse met mense wat so mooi is, jy wil hulle tussen die blaaie van tydskrifte verewig. Maar die akteurs is hopeloos te oud vir die rolle. Hulle oortuig nie as tieners nie. En die skuldige party… nou ja, slim kykers sal hom of haar vinnig identifiseer. Die reeks sal jou laat raai, en sommer so terloops in die verbygaan laat kyk.