Operation Mincemeat

Operation Mincemeat

Wie op aarde sal gaan kyk na ‘n fliek met die naam OPERATION MINCEMEAT. Ek het gedink dis ‘n lawwe slapstick-komedie. Dit wys net, moet nooit DOG nie, want jy weet wat dog gedoen het. Dis ‘n gedugte ware drama wat in 1943 afspeel. Die Britse vloot het probeer om ‘n bedrogspul uit te dink. Hulle het ‘n lyk ter see begrawe met vals papiere. Kamtig geheime dokumente wat die Duitsers op ‘n dwaalspoor moet ly oor ‘n beplande aanval op Sisilië. Maar as dit skeefloop, kan honderde duisende manskappe hulle lewe verloor.

Dis een van die jaar se beste rolprente. Noukeurig geregisseer met top spel en kamerawerk en ‘n draaiboek wat jou sal tref. OPERATION MINCEMEAT is nie wat jy verwag nie. Dit word Sterk aanbeveel.