Pieces of Her (Reeks)

Pieces of Her (Reeks)

PIECES OF HER op Netflix spog met Toni Colette. En boeta, as sy in ‘n fliek of reeks speel, kan jy maar gaan kyk, alhoewel hoe later hoe kwater. Dit kon ten minste een episode ingeboet het. Sonder om iets te verklap, iets ergs gebeur met Toni Colette en haar dogter in ‘n restaurant. Dit laat die meisie oor haar ma wonder. Dan ontdek sy haar donker verlede, en almal se lewens is in gevaar.

Die storie swaai en kinkel soos ‘n taxi deur spitsverkeer, en ry selde iets raak. Dit duik dalk jou konsentrasievermoë, en ry op twee wiele om die draai van jou logika. Maar as ‘n TV-reeks, wat ‘n lekker, dog vergesogte storie vertel wat te lank aanhou, is PIECES OF HER jou Vrydagaand-suiglekker. Jy mag dit vraatkyk.