POSBUS 1

POSBUS 1

Carel Trichardt is manjifiek as ‘n ou man wat sy vrou aan die dood afstaan. Sy het altyd op ‘n stoel gesit, en daarin kry hy ‘n briefie met die stoel se oorspronklike eienaar se adres. Boonop het hy rusie gemaak met sy dogter, ‘n oortuigende Cindy Swanepoel.

Man alleen, en kort duskant 80, neem hy die stoel en loop van straat na straat, op soek na die eienaar. Nou ken julle natuurlik stede. En ‘n weerlose ou man wat van bakboord na stuurboord met ‘n stoel loop… daardie prentjie sal vir lank in jou kop bly vassteek. Gaan hy nie dalk beroof of vermoor word nie?

POSBUS 1 is ‘n unieke Afrikaanse film oor oudword en eensaamheid. Die twee loop dikwels saam, en die rolprent maak vrede daarmee. Maar dit wys ook dat daar nog menslikheid in die wêreld oor is, veral vir oumense. Ek beveel POSBUS 1 1 aan as ‘n film wat jy met die grootste vrymoedigheid op Showmax kan kyk.