RACING STRIPES

Dit gaan oor ‘n zebra wat tussen ‘n klomp renperde beland en wat ‘n resies wil wen. Maar die perde trek hul snoete vir hom op. Gaan hy dit maak? Dis ‘n lewende aksie fliek, maar die perde kan praat. FRANKIE MUNIZ van MALCOLM IN THE MIDDLE-faam verskaf die zebra se stem.

Natuurlik sal pikkies GEK wees oor RACING STRIPES… veral kinders van Afrika, want dit gaan oor diere, veral zebras wat ons beter as die Amerikaners ken. Maar jy hoef nie die kinders hierby af te laai en dan op die vlug te slaan nie. Volwassenes sal dit net soveel geniet om aan hierdie resies deel te neem. Die fliek is darem nie kinderagtig naïef nie, maar snaaks, menslik, sjarmant en opwindend. Groot dele daarvan is terloops in Suid-Afrika geskiet. RACING STRIPES, nommerpas vir die hele gesin!