Ragnarok (Reeks)

Ragnarok (Reeks)

Dikwels, wanneer ‘n tweede reeks die lig sien, is ‘n mens skepties. Die oorspronklike storie is al tevore vertel. Maar in die tweede seisoen van RAGNAROK verskyn daar ‘n draai in Thor se magtige hamer, wanneer ‘n eeu-oue familiegeheim uitkom. Die Noorweegse dorpie, wie se water deur magtige gode uit die Noorse ryk vergiftig word, word steeds verdoem deur ‘n oorlog tussen antieke ou Noorse reuse en gewone mense. Die storie gooi ander Kaapse draaie as wat ‘n mens verwag, en die karakters is boeiend en betower ‘n mens selfs, alhoewel sommige dalk net te popmooi opgemaak en gepoeier is spesiaal vir mooi skote. Maar RAGNAROK se tweede seisoen laat jou verstaan hoekom jy ‘n sekere bedrag geld maandeliks vir stromingsdienste betaal. Dis hipnotiserend.