RAYA AND THE LAST DRAGON

RAYA AND THE LAST DRAGON

As Walt Disney rekenaar-animasie maak, sal dit oud en jonk bekoor en meer ernstig wees. Hier moet ‘n dapper Asiërvrou die laaste oorblywende wit draak vind, nadat ‘n idilliese paradys-beskawing vernietig is deur iets wat oor die heuwels rol en almal besmet wat in sy pad kom. Die musiek is asemrowend, die storie sal jou enduit boei, die heldin is sterk, want die film is dramaties en realisties, terwyl die karakters baie vleis om die bene het.

RAYA AND THE LAST DRAGON is super-vermaaklik, maar ook realisties met uitstekende karakterisering waar twee Asiërvroue teen mekaar veg terwyl die res van hul eiland in klip verander het. Vir ouers wat die erns sal verstaan, en kinders wat betower aan die avonture sal meedoen.