REBOUND

Jy soek wel ligte vermaak? Dan is Martin Lawrence se REBOUND dalk vir jou. Dit gaan oor ‘n basketbalspeler wat ‘n groep verloorder-laities in wenners moet omskep. Nou waar het ons daardie storie al tevore gesien? REBOUND is nie meer as ‘n paragraaf werd nie. Dis net as jy van Martin Lawrence se piepstemmetjie hou en van verspotte slapstick komedie.