RENT

RENT gaan oor mense wat nie hul huur betaal nie en wat dan uitbundig rondrits daaroor. As jy ‘n lastige huurder het wat nie sy huur betaal nie, mag jy RENT haat. Maar as musiekblyspele jou opgewonde maak, trek jou dansskoene aan, klits daai tone in ‘n ry en vuur jouself af saam met die ouens en meisies in New York se agterstrate. RENT is absoluut op jong mense gerig wat boos is omdat hulle geld opgeraak het net voordat hulle vanoggend Durban toe wou verkas. Nou sit hulle tuis. Dis altyd goed om na ander mense te gaan kyk wat groter probleme het as jy EN wat die moed het om jolyt daaroor te hou. RENT is vir loslyf-ouens vol steroïdes en meisies wat hul hare graag laat hang.