Ridley (Reeks)

Ridley (Reeks)

Daar is darem niks so lekker soos ‘n whodunit nie, of in ordentlike Afrikaans: “Wie het die moord gepleeg?” Almal lag mos altyd, dis die butler wat dit gedoen het omdat hy of sy die persoon is van wie mens dit nie minste verwag.

In RIDLEY is die verdagte nie so vergesog nie. ‘n Speurder, Alex Ridley, gesaghebbend en vol wroeging gespeel deur Adrian Dunbar, het die soort geskiedenis wat baie speurders in moordstories het. Sy vrou en dogter is jare gelede oorlede. Hy voel verantwoordelik. Nou, baie later, word hy teruggeroep na ‘n raaiselagtige moordsaak. Afgetree, maar nog nie koud nie, Sherlock as jy by die huis is.

Sy voormalige kollega probeer die moord oplos van ‘n skaapboer wat doodgeskiet is. Wie sou ‘n skaapboer in Brittanje wou vermoor? Tog nie een van die skape nie. En hoekom? Altwee speurders ontrafel die geheim net betyds vir die eindtitels.

Soos gewoonlik in sulke reekse, is die styl donker, stroef en spannend. Hier is geen grappe nie, nog minder ‘n onpaar paar wat probeer snaaks wees. Net koue, harde moordfeite, en twee slim breine wat nie mislei moet word deur ‘n draaiboekskrywer se vals leidrade nie. En dit is waaroor RIDLEY gaan.

Lus vir ‘n doodgewone maar tog pakkende, troetelkombersie-moorddrama, kyk RIDLEY op Britbox.