Robin’s Wish

Robin’s Wish

Dikwels loop ‘n mens maar katvoet vir huldeblyke, want jy pink gedurig ‘n traan weg. In hierdie openhartige, eerlike en onsentimentele huldeblyk aan Robin Williams, nege jaar na sy dood, leer ‘n mens Robin, deur die oë van veral Susan Schneider, ken as ‘n geniale komediant wat aan ‘n seldsame maar ongeneeslike breinsiekte gelei het (Lewy body dementia). Hy was ‘n improvisasiemeester en uitstekende akteur, dink maar aan Dead Poets Society, en doodgewone mens en ‘n komediant wat jou vir ure onbeteueld kon laat lag. Dis wat ek uitgevind het toe ek in Amerika twee onderhoude met hom gevoer het. ROBIN’S WISH is ‘n doodgewone, op die man af, rustige huldeblyk oor ‘n eksentrieke komediant, die gelyke wat ons nooit weer sal sien nie. Dit verduidelik hoe ‘n respekvolle, dog effens lighartige, melancholiese huldeblyk moet lyk wat sy humor weerspieël.