ROBOTS

Baie van julle het seker die week by ROBOTS uitgekom. Die fliek het nog nie formeel begin nie, maar daar was Maandag 2 voorvertonings. En het gehore dit geniet! Dit is anders as ander animasieprente, oftewel getekende flieks. Dit gaan oor ‘n robotseuntjie wat robotstad toe gaan om sy nuwe uitvindsels bekend te stel. Maar dan ontdek hy dat die groot indoena die kluts kwytgeraak het. Nou moet HY die leiding neem!

ROBOTS is anders as ander animasieprente. Die tekenwerk is meer meganies omdat robotte uitgebeeld word, en dit neem ‘n rukkie om gewoond te raak. Dis ook vreemd om vriendelike robotte te sien, want ons is mos daaraan gewoond dat hulle die mensdom BEDREIG, nie help nie. ROBOTS is gemiddelde vermaak vir kinders. Ouers mag die tekeninge dalk raar en prikkelend vind, maar ek glo nie hulle sal soveel aanklank daarby vind as by RACING STRIPES nie. As jy tussen die 2 moet kies, sou ek sê RACING STRIPES. Maar Robots is anders. Moet net nie te veel verwag nie.