RRR (Netflix)

RRR (Netflix)

Wat vir ‘n titel is RRR, vra jy seker? Dit staan vir Rise Roar Revolt. Dit gaan oor twee brawe Indiese vegters, wat destyds teen kolonialisme geveg het. Hulle baklei teen tiere, die natuur, swepe, gewere en natuurlike die Britte in hierdie oorweldigende en dikwels bombastiese skouspel. Onthou net: die aksiepot kook aanhoudend oor. Dit waaghalstoertjies is verstommend en oorweldigend, die aksie fisies onmoontlik, maar die vermaaklikheidswaarde is hoog. Sowat van aksiebaldadigheid het jy in g’n jare gesien nie. Mens kan feitlik nie byhou nie. RRR kry die onmoontlike reg. Om twee macho, groter-as-die-lewe self swetende bulle ménse te maak wat dans, kapperjol, baklei en mekaar dan verkeerd opvryf. En boonop speel hulle goed toneel. Dis ‘n treffer op Netflix.