SAVED!

Nou ‘n fliek vol waarskuwings: SAVED! Ek het baie daarvan gehou en gee dit 8 uit 10, maar dit gaan kontroversie en debatte veroorsaak. Dit gaan oor ‘n groep skoolkinders in ‘n Amerikaanse Christelike skool. Dié lotjie is egter nie almal godsdienstig nie, sommige dweep met godsdiens, ander misbruik dit tot hul eie voordeel, en dan is daar die handjievol wat voel Christus is waarlik hul verlosser. Hoe ookal, die fliek is op die jeug gerig wat beslis hieroor sal debatteer en dalk karakters herken. Maar ek moet waarsku: as jy konserwatief oor godsdiens dink, is SAVED! nie vir jou nie!