See How They Run (Disney+)

See How They Run (Disney+)

SEE HOW THEY RUN is ‘n gespot met Agatha Christie en haar wie-het-dit-gedoen-boeke en rolprente. In hierdie geval is dit ‘n lekker bloosplesiertjie. ‘n Groep akteurs werk op die verhoog aan Christie se THE MOUSETRAP. Maar dan word daar werklik ‘n moord gepleeg. Twee interessante speurders, ‘n konstabel (pragtig gespeel deur Saoirse Ronan) en Sam Rockwell probeer die moord oplos.

Die lekkerte van SEE HOW THEY RUN gaan oor hoe realisties dit verfilm is. Die 1950’s word getrou weergegee, die stelle is kostelik, en die spelers geniet hulle gate uit, en vra: Sal jy raai wie die moord gepleeg het? Dis regtig snaaks en gesofistikeerd.