SOLDIERS OF THE ROCK

SOLDIERS OF THE ROCK is gemaak deur die AFDA-Filmskool net hier oorkant die straat van RSG in Auckland Park. Dit gaan oor ‘n jong man wat op die myne gaan werk nes sy pa jare gelede. Dis ‘n soort boetedoening, ‘n verstaan waardeur sy pa gegaan het en watter opofferings hy gemaak het om sy seun te laat leer.

Die fliek beweeg bietjie stadig en raak selfverheerlikend op plekke. Die regisseur Norman Maake moes bietjie briek aangedraai het en die sker stewig ingelê het. Maar SOLDIERS OF THE ROCK bly ‘n interessante eksperiment wat jou beslis sal laat praat.