SON OF THE MASK

Eers het ek gewonder…. Hoekom stel hulle SON OF THE MASK hoegenaamd vry? Die fliek moes reguit video toe gegaan het. Toe besef ek: maar dis langnaweek! As hulle dit nie VANDAG uitreik nie, wanneer gaan hulle die stukkie ellende op niksvermoedende gehore loslaat? SON OF THE MASK probeer kliphard om, soos XXX 2, die sjarme van sy voorganger na te boots. Maar sonder Jim Carrey en sonder daardie prikkelende draaiboek, is dit ‘n verlore saak.

Die grappe is groter as die lewe self, die rolprent is oordadig en irriterend, dis net een groot lawaai… ek het later gewonder wat die akteurs gerook het om sulke gekke van hulleself te maak. Toe besef ek: dit is GELD wat die deurslaggewende faktor was. Dus, moenie dat die NAAM jou lok nie. Dit het eintlik so min met THE MASK te doen as JIM CARREY met JUDY DENCH. Jy is gewaarsku. Jamie Kennedy speel die hoofrol.