Son of the South

Son of the South

SON OF THE SOUTH op Showmax is ‘n taai rolprent oor gruwelike rassisme. Dit vertel die ware verhaal van ‘n politieke aktivis en voorstander van die afskaffing van rassediskriminasie in die suide van die Verenigde State, spesifiek Alabama en Mississippi. Daar is wrede tonele en gemoedere loop hoog, maar soms moet die waarheid met ‘n voorhamer ingeslaan word in plaas van gefluister of versag word.

SON OF THE SOUTH is nie ‘n maklike rolprent nie, maar wel ‘n nodige een. Dit sê: dit help nie jy praat net nie. Jy moet ook OPTREE. Die hoofrol word goed gespeel deur Lucas Till. Jy ken hom dalk beter as televisie se nuwe MacGyver.