SOPHIATOWN

‘n Plaaslike rolprent SOPHIATOWN begin vandag. Dit volg die nuwe mode van dokumentêre flieks en vertel die geskiedenis van die jolige en kleurvolle Sophiatown voor die stootskrapers dit platgestoot het en Triomf daarvan gemaak het. Dis ‘n boeiende dokkie, dus hoef jy nie bang te wees dat jy na vervelige outydse tonele gaan kyk uit die argief nie. SOPHIATOWN is ‘n dokumentêr oor ‘n stuk van ons landgeskiedenis wat verdien om gesien te word. Dit is vol viriele lewe en menslikheid.