Sophie: A Murder in West Cork

Sophie: A Murder in West Cork

SOPHIE: A MURDER IN WEST CORK, ‘n minireeks van drie episode, is gegrond op die waarheid.  Dit gaan oor ‘n rolprentvervaardiger wat in 1996 in Ierland vermoor is. Later blyk dit wié die moord gepleeg het, maar omdat daar geen uitruilooreenkoms tussen Frankryk en Ierland is nie, loop die booswig lag-lag weg, terwyl Sophie se familie treur. Dit gaan ook oor ‘n polisie-ondersoek wat beklad word met verspilde ink, tyd wat vermors word, ‘n moordenaar wat dikwels erken hy/sy het die moord gepleeg, en ‘n woedende gemeenskap. Die dokkie wys in onderhoudvorm dat dit wil lyk asof die wet soms aan moordenaars se kant is. SOPHIE: A MURDER IN WEST CORK is ‘n donker, ongemaklike, soms grendelgreep-wrede dokkie oor onreg aan vroue as slagoffers.