SPANGLISH

Een van my gunstelinge waarvan min mense hou, is SPANGLISH – ‘n saamgevoegde term vir die taal wat Spanjaarde in Amerika praat as die twee tale vermeng raak. ADAM SANDLER speel die rol van ‘n restauranteienaar wie se vrou, Tea Leoni, hom verkul. Dan kom werk ‘n beeldskone Mexikaanse vrou en haar dogter by hulle en, soos te verwagte, het Adam net oë vir die huishulp. Maar dis nie ‘n doodgewone sekskomedie nie!

Jy hoor ADAM SANDLER se naam en jy verwag LITTLE NICKY of BIG DADDY? Kry dit dadelik uit jou kop! SPANGLISH is, nes THE LIFE AQUATIC WITH STEVE ZISSOU, ‘n aangeleerde smaak. Nie almal sal van die droë galgehumor hou nie. Dis BESLIS nie soos HITCH nie. Die humor is slim en anders, die situasies vreemder as wat jy onlangs in ‘n fliek gesien het en die atmosfeer swaar gelaai met komiese simboliek. Dink baie goed voor jy probeer SPANGLISH praat. Taalgebruik kan pla.