STAY

Die laaste fliek vandeesweek is STAY. Dit is nommerpas vir kunsfoendies of mense wat van sielkundige rillers hou wat die hele tyd in slagoffers se onderbewussyn afspeel maar nooit werklik sin maak nie. Ewan McGreggor is ‘n sielkundige wie se lewe onmver gegooi word deur ‘n astrante pasiënt, Ryan Gosling, wat nonchalant in sy kantoor opdaag en waarsku dat hy Saterdagaand gaan selfmoord pleeg. Die sielkundige probeer keer. Die styl is donker en klaustrofobies, die karakters neuroties en gespanne en die storie verwikkeld en doelbewus verwarrend. Mens weet nooit wat is werklik en wat speel in die verbeelding af nie. Jy moet saam met die stroom beweeg en nie die rolprent beveg of meer van hom probeer verwag as wat hy gee nie. STAY is suiwer op kunsliefhebbers gerig. Naomi Watts van KING KONG speel die sielkundige meisie.