Stiekyt

Stiekyt

Die veelbesproke STIEKYT, kan baie mense geweldig skok. Onthou die ernstige waarskuwing dus as jy dit kies. Dis op verskeie rolprentfeeste aanvaar, en die tongtelegramme daarop is uitstekend. Dit vertel ‘n unieke verhaal soos geen Afrikaanse film tot dusver gewaag het nie. Dis nou, om die cliché te gebruik, grensverskuiwend.

Dit gaan oor ‘n heteroseksuele, getroude man wat saans fopdos om meer geld te maak. Sy vrou weet van niks. Dan word ‘n moord gepleeg. Wie het dit gedoen? Van Suid-Afrika se topakteurs lewer fenomenale spel as die fopdossers, veral Paul du Toit wat op die Silwerskermfees hiervoor bekroon is. Die skemerwêreld van wat agter die verhoog aangaan, is meer skokkend as die manewales wat die manne op die verhoog uithaal.

STIEKYT is uitstekend, maar kan baie ontstel.