Sugar (Reeks)

Sugar (Reeks)

SUGAR op Apple+ is ‘n huldeblyk aan Film Noir, daardie donker filmgenre van die jare 40 en 50 waarin bose femme fatales verliefde speurders verlei en mislei. John Sugar is a tipiese noir-speurder wat soek na die kleindogter van ‘n miljardêr. Hy is ‘n Hollywood-vervaardiger. Maar wat het regtig gebeur?

SUGAR beweeg stadig. Dit gaan hier meer oor atmosfeer en goeie komposisies en kinematografie as die storie. Dit ontvou tydsaam en atmosferies terwyl die speurder mymer oor wat met hom gebeur, wat hy van die saak dink en wat alles met hom gebeur. Dis vir ‘n aangeleerde smaak, en is eintlik ‘n kuns-TV-reeks vir mense wat hulle televisie-kyk ernstig opneem.