Supersex (Reeks)

Supersex (Reeks)

SUPERSEX op Netflix is ‘n omstrede reeks met ernstige waarskuwings en ‘n streng niemand onder 18 beperking as gevolg van naaktheid en seks. Hoekom so ‘n riskante reeks resenseer? Want dis op ‘n ware verhaal gebaseer, en kraai koning as een van Netflix se gewildste reekse ooit. Dit beeld die lewe van die bekende Italiaanse pornoster, Rocco Siffredi uit, wat riskante films gemaak het, en bekend was vir sy aansienlike bates. Vandaar die waarskuwings. Dis darem nie net kookwaterwarm erotiek nie. Dit ondersoek hoe hy in hierdie gevaarlike wêreld beland het, en wat dit aan sy geestesgesondheid gedoen het. Bly weg as sulke reekse jou skok of aanstoot gee. Vir avontuurlike kykers mag dit vrolike kykplesier gee. Rocco se manewales laat Cassanova na die houtkapper uit Rooikappie lyk…