Tell Me Lies (Reeks / Disney+)

Tell Me Lies (Reeks / Disney+)

Jy kan sommer uit die plakkaat aflei dat TELL ME LIES ‘n erotiese ontginning van die dinamika tussen ‘n groep jong en warm studente is, wat graag van hulle klere ontslae raak, en wat nooit ‘n wag voor hul monde plaas nie.

TELL ME LIES gaan veral oor die verhouding tussen twee studente wat dolverlief raak op universiteit. Maar is dit wellus of liefde? Verstaan hulle wat verantwoordelikheid beteken? En kan ‘n verhouding werk as daar geen getrouheid is nie? Die reeks is baie eroties en kan skok, maar weerspieël wat tussen paartjies gebeur wat hulleself onbeteueld aan mekaar oorgee sonder om aan die gevolge te dink. En wat graag filosofeer oor die liefde, maar alle grense oorskrei. TELL ME LIES is eksplisiet en sal jou om verskeie redes laat regopsit.