The Adam Project

The Adam Project

THE ADAM PROJECT op Netflix lyk op die oog af na ‘n stukkie naïwe vermaak. Jy weet sommer: jy eet sjokolade en slaptjips, kyk terloops daarna en doen intussen ander dinge. En is dit nie waarna sommige mense soek wanneer hulle die tyd wil omkry nie? Dit vertel wat sal gebeur as jy jou toekomstige self ontmoet. In werklikheid het die volwasse Adam in 2022 met sy ruimtetuig op aarde geland, en maak dan kennis met homself as ‘n seuntjie. Saam probeer die twee om die toekoms te red. Wel, ons weet almal hulle gaan nie daarin slaag nie, want die toekoms is onvoorspelbaar en kyk in watter gemors is die wêreld tans. Boonop is hulle pa oorlede. Nou wil hulle die tyd manipuleer, sodat hulle hul oorlede pa kan ontmoet en misverstande uit die weg ruim. Die probleem is, die jong en ou Adam irriteer mekaar. Maar wanneer jy agterkom die ouer Adam is Ryan Reynolds, voel jy beter, want hy het dan soveel sjarme! Daar bly min anders oor, behalwe dat Adam en Adam met hulle ruimtetuig deur supersoniese avonture woerts en jou terloops vermaak. Dis vrolik en vol avonture.