The Bad Guys

The Bad Guys

Wonder ouers wat hulle die naweek met die kleuters sal aanvang? THE BAD GUYS gaan oor kreature wat gewoonlik as skobbejakke uitgebeeld word, maar hulle is nie noodwendig altyd rowers nie. Ek praat van piranhas, spinnekoppe, haaie, slange, wolwe en ander gruwelgeeste. Dié slag kry die klompie ‘n laaste kans… raak bekeer of gaan tronk toe.

Nou hoe sê jy vir ‘n spinnekop om soos Aspoestertjie te lyk en nie te byt nie? Of vir ‘n haai om nie te hap nie? Vind uit in hierdie prettige animasie. Dis pret wat jou sal laat bokspring, om nie van die kinders te praat nie. Hulle sal twee pakke springmielies verorber! Die tekeninge is uitsonderlik realisties en professioneel.