The Barking Murders (Reeks / Britbox)

The Barking Murders (Reeks / Britbox)

THE BARKING MURDERS op Britbox is gegrond op ‘n ware verhaal, wat meer skrikwekkend is as enigiets wat ‘n skrywer kan uitdink. Die alternatiewe titel is Four Lives.

In 2014 en 2015 het die vreesaanjaende Stephen Port vier jong mans, wat hy op die internet ontmoet het, dwelms ingejaag en vermoor. Maar die ergste was: hy het lank daarmee weggekom omdat die polisie nie die saak behoorlik ondersoek het nie.

Soveel jong mans se lewens kon gespaar gewees het as die gereg betyds opgetree het. Jy het lanklaas so ‘n grotesk skokkende en koelbloedige vertolking van ‘n sosiopaat gesien as Stephan Merchant. Maak jou gereed vir ‘n stroewe, grys, spannende reeks wat jou mag skok.