The Chair (Reeks)

The Chair (Reeks)

THE CHAIR is eksentriek kwadraat, en ‘n mens kry die indruk die skrywers spog met die rare dinge wat hulle karakters laat doen. Tot so ‘n mate dat ‘n mens vervreem raak van die reeks. Sandra Oh, wat in elk geval ‘n aktrise vol maniërismes is, word hoof van die prestige Pembroke Universiteit se Departement Engels. Maar die lektore onder haar is so raar en bleeksielig, ek sou nie my kind na hulle toe gestuur het nie. Hulle het eintlik klasse nodig in kommunikasie. Min karakters word werklik ontwikkel, en die draaiboeke (elkeen 30 minute lank) konsentreer net op die personeel se rare optrede en die hoof wat hulle beswaarlik kan beheer. Die storie steek kort-kort vas. Al lyk THE CHAIR hoe aanloklik, ek sou nie my tyd hierop mors nie.