THE COMPANY

Ballet-liefhebbers: THE COMPANY is net reg vir jou, ook as jy van kunsflieks hou. Neve Campbell speel die hoofrol in hierdie ROBERT ALTMAN-fliek wat kyk wat AGTER die skerms van ‘n balletgeselskap gebeur. Moenie ‘n vermaaklike, gehoorvriendelike balletfliek verwag nie. Dis nie THE TURNING POINT of FAME nie. Hier is nie ‘n storie in die tradisionele sin van die woord nie. Dis ‘n drama/dokumentêr waarin gekyk word na die verhoudings, beserings, woede-uitbarstings, ekstase en HARDE werk van ‘n balletgeselskap. Ek gee THE COMPANY 8 uit 10. Net reg vir Cinema Nouveau-aanhangers.