THE FORGOTTEN

‘n Fliek wat teleurgestel het, maar goed in Amerika gevaar het, is THE FORGOTTEN. My gunsteling aktrise, Julianne Moore, speel die rol van ‘n ma wie se seuntjie in ‘n vliegtuigongeluk sterf. ‘n Paar jaar na sy dood sê haar man dat die kind nooit bestaan het nie. Is mense gebreinspoel? Sy ontmoet ‘n man wie se dogtertjie in dieselfde ongeluk dood is. Ook hy weet niks van die ongeluk af nie. Wat het gebeur? FORGOTTEN lyk soos ‘n swak episode van THE X-FILES. Kyk, wetenskapfiksie moet darem ook nie te ver gevoer word nie, en hiérdie fliek oortuig glad nie. Maar tog het die mense saam met my betower na die gruwels gestaar wat die arme Julianne Moore tref. Dit gaan eintlik oor die liefde tussen ‘n ma en haar kind. Die vraag is net: wat het van die kind geword? Besluit maar self oor FORGOTTEN. Ek gee dit 5 uit 10.