The Gentlemen (Reeks)

The Gentlemen (Reeks)

Dra jy jou wapenskild teen geweld? Dan mag jy THE GENTLEMEN op Netflix oorleef. Dit is die super-koel regisseur, Guy Ritchie, se TV-weergawe van sy mislukte rolprent van 2019. Dit gaan oor ‘n Britse familie wat skelm dagga kweek. Wanneer die pa sterf, erf die tweede seun, die  “spare” alles. Theo James speel die rol gemaklik. Maar hy erf meer as wat hy kan hanteer.

Die film is aweregs en vol verglansde geweld waar die doodskiet van mense superkoel lyk. En dis bedenklik. Ritchie doen dit doodluisers in al sy rolprente soos Snatch en Lock Stock and Two Smoking Barrels, en die manne vloek lekker. Pas op vir erge geweld. Daar is wapperende vlae wat gehys word vir smulpaap-bedenklike tonele, besaai met sidderende vuurspuwende wapens.