The Idol (Reeks / Showmax)

The Idol (Reeks / Showmax)

THE IDOL is onlangs bestempel as die gewildste TV-reeks ter wêreld. Hoekom? Omdat daar veelbesproke sekstonele en naaktheid is wat mense skok. Daar het ook chaos tydens die mediakonferensie in Cannes uitgebreek.

Dis nié ‘n goeie reeks nie, want dit grens aan uitbuiting en die storie is net ‘n verskoning vir partytjietonele, ‘n kaalnaelery en sagte pornografie. Hoekom dit dan resenseer? Want onwetende mense skakel daarop in, net om uit die vertrek te hardloop. ‘n Ernstige waarskuwing: THE IDOL is eksplisiet. Pas op! Dis verbluffend skokkend.