The Kissing Booth 2 (Rolprent / Netflix)

The Kissing Booth 2 (Rolprent / Netflix)

THE KISSING BOOTH 2 is ‘n in-die-slaap-loop-fliek. Luister na die volgende elemente: sjoebroekies kleiner as ‘n flenter sneespapier, mooi meisies met meer grimering as verstand, swaar gegrimeerde wimpers wat bult van die maskara, en oë wat onder noukeurige kapsels gerol word, vleispaleise wat spiere pomp as die storie nie wil beweeg nie, en geheime kusse in soen-pondokkies, rol soos kamma-brandertjies oor jou skerm. Van die tonele is terloops in Suid-Afrika verfilm. Hoe lank kan ‘n soen uitgestel word, en wat gebeur wanneer die lippe op mekaar gly nadat dit geknel het? Stel jy belang? Dalk sal jou tiener, moeg van skoolvakansies, van THE KISSING BOOTH 2 hou. O, die haarkapsels, o die biseps, o die glanslippies, o, die soene…