The Ledge (Showmax)

The Ledge (Showmax)

Jy sal jou bietjie-bietjie natmaak in THE LEDGE op Showmax. As jy die naweek tuis bly en jou naels tot in die lewe wil afbyt, dan is THE LEDGE die pyn werd.

Dit gaan oor twee meisies wat wil gaan bergklim. Een word vermoor. Die ander moet dan van haar vier moordenaars vlug deur teen loodregte kranse uit te klim, terwyl hulle haar agtervolg. Uiteindelik beland sy op ‘n lysie wat net groot genoeg is vir ‘n sitvlak om op te pas. Die gruwelmanne beland op die krans bokant haar. Wat gebeur as hulle haar met goeters begin gooi, of met toue afsak tot by haar op die nou lysie met ‘n duiselingwekkende afgrond onder haar?

As jy aan hoogtevrees ly, sal THE LEDGE jou om genade laat pleit. Dis regtig spannend, al is dit hoe onwaarskynlik.