THE LIFE AND DEATH OF PETER SELLERS

Een van die enigste redes hoekom baie mense na THE LIFE AND DEATH OF PETER SELLERS gaan kyk, is omdat Charlize Theron daarin speel. Dié rolprent, wat eintlik vir televisie gemaak is, gaan oor die veelbewoë lewe van hierdie geniale komediant. Hy was ‘n eksentrieke, moeilike en soms moedswillige akteur wat self nie besef het hoe goed hy was nie. Hy was veral as die PINK PANTHER bekend. Ek sou wag tot dit op video of DVD beland… want, alhoewel prikkelend met interessante geheime wat ontbloot word, sou ek nie in my motor klim daarvoor nie. Geoffrey Rush gee egter puik gestalte aan Peter Sellers.