The Lincoln Lawyer (Reeks / Netflix)

The Lincoln Lawyer (Reeks / Netflix)

THE LINCOLN LAWYER se tweede seisoen is nie heeltemal so boeiend soos die eerste nie, maar spog met ‘n loodsepisode wat jou onkant mag betrap. Dikwels, veral in TV-reekse, is prokureurs en advokate net so slim soos hulle teenstaanders, of die skurke. Maar tog moet hulle ook slinks wese wanneer hulle bestaan bedreig word.

Die Mexikaanse akteur, Manuel Garcia-Rulfo, is gemaklik in die vel van die loslit informele Lincoln-prokureur, Mickey Haller. Hy kom so reg uit die resepteboek van David E. Kelley wat sulke prokureurs al vervolmaak het. Hy kry weer met gedugte teenstaanders te doen, veral in episode 1, en gebruik ingewikkelde metodes om uit ‘n penarie te ontsnap wat lekker vermaaklik is.

THE LINCOLN LAWYER is vir wanneer jy ‘n storie soek wat met ‘n teelepel ingegee word.